Shelley Point-hotel kort na opknappingswerk in vlamme

Lees ook :

Van die skade wat deur die brand aangerig is. Foto: Facebook - Executive Mayor Andrè Truter

ST. HELENABAAI, WES-KAAP. – Die vyfster- Shelley Point-hotel en spa op St. Helenabaai het net voor 7:00 vanoggend vlamgevat. Die brand is vir ‘n kort ruk onder beheer gebring en ontruimings kon plaasvind.

Brandbestryders van omliggende areas moes help om die vlamme te beveg. Geen beserings is aangemeld nie.

Volgens Basil January, brandweerhoof van Saldhanabaai, het sommige mense rook ingeasem, maar hulle is daarvoor behandel. Hy sê die oorsaak van die brand is nog nie bepaal nie, maar omstanders meen dat dit moontlik in die kombuis begin het.

‘n Volledige ondersoek sal eers gedoen kan word sodra die brand ten volle geblus is. Andrè  Truter, uitvoerende burgemeester, sê daar word nou gekeer dat die brand nie na die omliggende huise versprei nie.

Na bewering is daar in November opknappingswerk aan die hotel en spa gedoen. Sonpanele is ook aangebring.

Die Strandloper-restaurant op Langebaan het ook Maandag betyds gekeer dat die restaurant vlamvat nadat ‘n brand daar naby uitgebreek het.                                                              

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief