VSA-onderwyseres het glo seks met tiener terwyl leerlinge kywie hou

Lees ook :

VSA onderwyseres het glo seks met tiener gehad terwyl leerlinge ‘kywie’ hou
VSA onderwyseres het glo seks met tiener gehad terwyl leerlinge ‘kywie’ hou fotokrediet: Canva

Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof

MISSOURI, VSA. – ‘n Onderwyseres (26) is vandeesweek in hegtenis geneem na sy glo seks met ‘n leerling(16) gehad het terwyl haar ander leerlinge kywie gehou het.

Hailey Clifton-Carmack is in hegtenis geneem op verskeie aanklagtes, insluitend seksuele kontak met ‘n leerling en kindermolestering.

Owerhede het glo eers bewus geraak van die “verhouding” toe ‘n ander leerling dit rapporteer het. Die seun met wie sy glo seks gehad het, het vir die leerling foto’s gewys van krapmerke op sy rug wat Clifton-Carmack glo veroorsaak het.

Die leerling het gesê die juffrou is “te na aan die leerlinge”. Volgens hofdokumente was die hoof bewus van Clifton-Cormack se gedrag.

Die leerling se pa het glo ook geweet van die “verhouding” en het gesê sy was al by hulle huis. Hy is op 3 Januarie in hegtenis geneem op aanklag van “kinderbedreiging”.

Die pa en onderwyseres is albei steeds in aanhouding.

Bronne: The Independent, The Mirror, Inside Edition

Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief