‘Moord’ op babameisie (10 maande) ondersoek – 11-jarige in ouertoesig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die beweerde moord op ‘n babameisie (10 maande) word deur die Morokweng-polisie ondersoek nadat haar liggaam met kopbeserings en kneusplekke Vrydag in die Botsalana-seksie in Potchefstroom gevind is. Dit volg nadat sy glo in die teenwoordigheid van ‘n 11-jarige seun was.

Volgens kol. Adéle Myburgh het die baba se ma haar Donderdag in die sorg van ‘n vriend gelaat. Omstreeks 20:00 het ‘n 11-jarige seun na bewering opgedaag en glo gesê die baba se ouma het hom gestuur om haar te haal. Die baba is na bewering aan die 11-jarige oorhandig.

‘n Vriend het Vrydagoggend die baba,wat reeds dood was, in haar erf ontdek en dadelik die polisie en nooddienste ontbied. Die baba is dood verklaar,

Myburgh sê die 11-jarige seun, wat ingevolge die Kinderwet van 2008 hanteer word, is in die toesig van sy ouers en sal deur maatskaplike dienste geëvalueer word.

‘n Nadoodse ondersoek sal vasstel wat die oorsaak van die baba se dood is.

Enigiemand met inligting oor die gebeure kan die ondersoekbeampte, sers. Neo Boite by 066 154 9891 bel.

“Lieutenant General Sello Kwena is saddened by the incident and requested the community to allow the police to do investigations to ensure that justice is served.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief