Kyk: Skietvoorval in restaurant

Lees ook :

Foto: Skermgreep Yusuf Abramjee X (Twitter)
GAUTENG. – ‘n Skietvoorval het gedurende die naweek in ‘n restaurant in Sandton, Johannesburg, plaasgevind.

Yusuf Abramjee het ‘n video-opname van die voorval op X (Twitter) gedeel.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi het die skietvoorval aan FiND iT bevestig en gesê die polisie ondersoek twee klagtes van poging tot moord. Die insident het Saterdag 20 Januarie in die vroeë oggendure gebeur.

Nevhuhulwi sê volgens rapportering wou vier verdagtes sonder om deursoek te word toegang tot die klub forseer. Die sekuriteitswag is na bewering met ‘n vuurwapen gedreig en aangerand. Daar is glo lukraak geskiet en twee persone is beseer.

Een van die verdagtes is in hegtenis en onder polisiebewaking in die hospitaal.

Die ondersoek deur die polisie duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief