NASIONAAL. – Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) wat sedert 1967 bestaan en tans 1 350 vrywilligers by 50 reddingsbasisse in die land in diens het, het in 2023 altesaam 1 788 lewens gered.
Die vrywilligers, wat in omstandighede van nood as bakens van lewe gesien word en geen betaling vir hulle diens ontvang nie, is die vorige jaar vir 1 122 noodoproepe uitgeroep.
Verder is 905 185 waterveiligheidslesse en 17 998 oorlewingswemlesse aangebied.
Lewensredders van die NSRI het 72 strande beman en het bowenal die lewens van 97 diere gered.
Met donasies aan hierdie lewensnoodsaaklike organisasie staan jy ‘n kans om groot pryse te wen.

Bron: NSRI
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





