Wassery-eienaar en ‘ongedokumenteerde immigrante’ wat hospitaalwasgoed was, vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Sakevrou (58) is Vrydag omstreeks 23:00, saam met agt buitelandse vroue wat vir haar by ‘n wassery werk en glo onwettig in die land is, op Sterkloop-kleinhoewe in Westenburg-polisiëringsarea in hegtenis geneem.

Volgens kol. Malesela Ledwaba sê die sakevrou bedryf ‘n wassery wat vir verskeie openbare hospitale beddegoed en klere was. Die agt vroue, tussen die ouderdom van 29 en 49 jaar oud, het glo sonder die nodige dokumente vir haar gewerk.

Ledwaba sê die polisie was besig met ‘n operasie toe hulle ‘n wenk ontvang en die verdagtes op heter daad deur Westenburg-polisielede en beamptes van binnelandse sake betrap is. Hulle werk na wat beweer word net nagskof.

Geen dokumente wat bewys hulle is wettig in Suid-Afrika kon deur die vroue getoon word nie en hulle is vir die oortreding van die immigrasiewet in hegtenis geneem.

Die ondersoek duur voort.

Die vroue sal Maandag in die Polokwane-landdroshof (Pietersburg) verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief