Man tussen geparkeerde voertuie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is gister net voor 12:00 naby die BP-vulstasie in Bellarstraat in Cato Manor, doodgeskiet.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel was die toneel reeds afkordon.

Paramedici is gewys waar ‘n man tussen geparkeerde minibustaxi’s gelê het. Verskeie skietwonde was aan sy liggaam sigbaar en daar kon niks vir hom gedoen word nie. Hy is dood verklaar.

Omstandighede wat tot die man se dood gelei het, is onbekend en die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

NuusFlits het vir polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief