Vrou in huis beroof – verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (59) is glo gisteroggend omstreeks 01:30 deur vier onbekende verdagtes in haar huis in Thabong beroof.

Volgens sers. Sinah Mpakane het die vrou en haar familie in aparte kamers geslaap. Sy is wakker gemaak deur vier verdagtes, vermom met balaklawas en gewapen met vuurwapens. Die slagoffer het later opgemerk die voordeur van die huis is oopforseer.

Die verdagtes het kontant van die slagoffer geëis omdat haar seun glo by ‘n nuwe aanleg in die mynbedryf begin werk het. Die slagoffer is van haar selfoon en kontant beroof voordat die verdagtes in twee VW-voertuie van die toneel gevlug et.

Tydens die voorval het sy ‘n besering aan haar enkel opgedoen.

Enigiemand met inligting word versoek om AO Bertus Olivier by 082 885 5271 te bel.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief