Universiteit lek inligting van maagdelike studente, ook name en foonnommers

Lees ook :

Universiteit lek inligting van maagdelike studente, insluitend name en foonnommers
Universiteit lek inligting van maagdelike studente, insluitend name en foonnommers fotokrediet: Canva

Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza

KAZAKHSTAN. – Die Al-Farabi Kazakhstan-universiteit het die inligting van vroulike studente wat maagde is op sosiale media gelek. Die inligting sluit hulle name, ouderdomme, selfoonnommers en belastingkodes in.

Altesaam 190 vroulike studente, tussen 17 en 21, se persoonlike inligting en die feit dat hulle maagde is, is bekendgemaak. Die vrouens het ginekologiese ondersoeke by die universiteit se mediese sentrum ondergaan en daardie data is vrygestel. Dit is onbekend of dit verpligtend was vir die vrouens om die ondersoeke te laat doen.

Die vrouens is woedend oor die inligting wat gelek is. Hulle het gesê hulle inligting is in ’n algemene geselsruimte (chat room) geplaas ná hulle intieme ondersoeke.

Die universiteit het die kontrak met die mediese sentrum opgeskort wat vir die lekkasie blameer word. Die voorval word ondersoek.

Bronne: Daily Mail, The Daily Star, WN.com, VN Explorer

Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief