Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza

Lees ook :

Meisie wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza
Meisie wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza fotokrediet: X

Lees ook: 37 dood in Israel-aanval op Rafah

GAZA. – Die meisie (6) wat om hulp gesmeek het na sy vasgekeer is in Gaza is dood gevind saam met die twee paramedici wat gestuur is om haar te red.

Hind Rajab het 12 dae gelede gebel vir hulp na sy en haar familie deur Israeliese magte aangeval is toe hulle probeer vlug het. Sy het nooddienste gebel en hulle gesmeek om haar te help en het gesê sy is bang, want ’n tenk was naby haar. Hind was vir drie uur vasgekeer voordat twee paramedici van die Palestinian Red Crescent (PRCS) gestuur is om haar te gaan haal.

Die PRCS het kontak verloor met die reddingswerkers Yusuf Al-Zeino en Ahmed Al-Madhou. Hulle liggame is gevind in ‘n verbrande ambulans slegs meters vanaf die voertuig vol koeëlgate waarin Hind en haar familie se liggame ook aangetref is.

Die PRCS beweer Israeliese magte het opsetlik die ambulans geteiken toe hulle daar aankom “ten spyte van die koördinasie wat gedoen is sodat die ambulans daar kon kom”.

Bronne: Business Insider, Metro, IOL, X

Lees ook: 37 dood in Israel-aanval op Rafah

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief