Maddie McCann-hoofverdagte het glo beplan om kind te steel en te verkoop

Lees ook :

Maddie McCann-hoofverdagte het glo beplan om kind te steel en verkoop
Maddie McCann-hoofverdagte het glo beplan om kind te steel en verkoop fotokrediet: Canva

Lees ook: Maddie McCann-hoofverdagte op pad hof toe vir onverwante verkragtingsaak

PORTUGAL. – ’n Britse inwoner van Portugal, Ken Ralph, het gesê die hoofverdagte in die Maddie McCann-saak het glo een keer beplan om ’n kind te steel en te verkoop.

Ralph het beweer Christian Brueckner het ’n vriend van hom genader met ’n plan om ’n kind te ontvoer en aan ’n kinderlose paar te verkoop. ’n Week later was Maddie McCann weg.

Ralph het glo die voorval by die polisie aangemeld. Hy het gesê sy vriend, wie se naam nie genoem is nie, het kort na Maddie weggeraak het met sy tent verdwyn, en so ook Brueckner. Ralph beweer hy het hulle nie weer daarna gesien nie.

Brueckner staan tereg op drie sake van verkragting en twee van seksuele aanranding. Hy sal Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn.

Bronne: The Jerusalem Post, Sky News, Entertainment Daily

Lees ook: Maddie McCann-hoofverdagte op pad hof toe vir onverwante verkragtingsaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief