Francois Jacobs en Nykie Pretorius van die vorige Op my Eish!-reeks het gister aangekondig hulle paaie gaan skei. Die paartjie was vir twee jaar lank in ’n verhouding.
Pretorius het die nuus deur middel van ’n Instagram-plasing gedeel. Daarin het sy gesê: “Na ’n ongelooflike avontuur van twee jaar het ons saam besluit dat dit beter is dat ons dinge vir eers apart moet aanpak.”
Volgens haar is hulle opreg lief vir mekaar en sal hulle die vriendskap wat hulle in mekaar gevind het, vir altyd bewaar.
Haar plasing noem die kollig het baie druk op hulle verhouding geplaas.
“Ons sal dit opreg waardeer as ons privaatheid vir nou respekteer kan word. Ons avontuur is nie klaar nie … maar vir eers is dit, sien jou later,” het sy namens albei geskryf.
Bron: Nykie Pretorius Instagram-bladsy





