DE AAR, NOORD-KAAP. – John Henry Meiring (45) is Woensdag in die De Aar-streekshof tot agt jaar gevangenisstraf vir die besit van kinderpornografie gevonnis.
Meiring is op 22 Februarie 2022 in hegtenis geneem nadat die SAPD se reeks- en elektroniese ondersoekmisdaadeenheid (Seci) in die Noord-Kaap hom in besit van pornografiese foto’s van kinders betrap het. Daar is 773 pornografiese foto’s van kinders op sy selfoon en hardeskywe gevind.
Lt.genl. Koliswa Otola, Noord-Kaapse provinsiale polisiekommissaris en haar span, het die vonnis verwelkom. Spesiale melding is gemaak van adj. lt.kol. Marli Strydom vir haar genadelose pogings wat tot Meiring se aanvanklike inhegtenisname gelei het.
Bronne: SAPD, Twitter





