Studente in aptekerswese in hospitaal na praktiese klas

Lees ook :

Ongeveer 31 studente moes gehospitaliseer word. Foto's: Career Portal en Canva

GAUTENG. – ’n Derdejaarsgroep aan die Sefako Makgatho Health Science University is Donderdagmiddag 15 Februarie gehospitaliseer nadat hulle ’n praktiese klas waar ’n laboratoriumeksperiment gedoen is, bygewoon het. Ongeveer 31 studente moes na nabygeleë hospitale geneem word.

Dr. Lusani Netshitomboni, woordvoerder van die universiteit, het bevestig chemiese blootstelling het tot sigprobleme by die studente gelei. Hulle is glo reeds ontslaan.

Volgens Netshitomboni is die laboratorium dadelik na oorweging deur die universiteit se bestuur en leiers gesluit sodat daar ’n ondersoek gedoen kon word. Daar was 68 studente, ’n lektor, ’n laboratoriumtegnikus en fasiliteerder tydens die insident in die laboratorium.

Chemiese blootstelling aan sekere stowwe het na bewering tot ’n allergiese reaksie by van die studente gelei. Hulle het simptome soos rooi en droë oë en swak sig gehad.

Die oorsaak van die chemiese blootstelling is nog nie bekend nie en die ondersoek duur voort. Geaffekteerde studente se herstel word gemonitor, maar hulle klasse is steeds opgeskort.

Bronne: The Citizen, Sefako Makghatho Health Science University, Times Live, Sunday World

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief