WESRAND, GAUTENG. – Lede van die gemeenskap is geskok nadat twee vroue verlede naweek in Florida, Gauteng glo met petrol gegooi en aan die brand gesteek is.
Marishka Davids (30) en Zakkiyha Raymond (38) is in die hoësorgeenheid van ‘n hospitaal met ernstige brandwonde opgeneem.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie is egter op soek na Mark Harvey, een van die vroue se vorige kêrels. Hy is ‘n persoon van belang in die polisie se ondersoek na die saak.
Enigiemand met inligting rakende die insident of oor waar Harvey hom bevind, word aangemoedig om die SAPD by 08600 1011 te skakel. Die familie kan ook by 079 778 8856 of 073 391 8604 gekontak word.
Yusuf Abramjee het die volgende op sy Twitter-profiel gedeel:
Two women are in hospital after they were doused with petrol and set on fire.
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) February 16, 2024
Marishka Davids (30) and
Zakkiyah Raymond (38) are in the ICU.
The incident took place in Florida on the West Rand at the weekend.
No arrests have been made. Police are looking for one of the… pic.twitter.com/Pe7f5yOmKB
Police want to question this man: Mark Harvey.
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) February 16, 2024
Anyone with info can call the family on 079 778 8856 or 073 391 8604.
Watch: VIDEO – mother of Marishka Davids. https://t.co/r4aExkLi2x pic.twitter.com/PTMs1IfJr1
Bronne: SurgeZirc, Yusuf Abramjee Twitter-profiel





