Krieketlegende Mike Procter sterf op 77

Lees ook :

Tennislegende Mike Procter is op die ouderdom van 77 oorlede. Foto: SAPeople

SUID-AFRIKA. – Die krieketikoon en voormalige Protea-afrigter het gister in die ouderdom van 77 gesterf.

Volgens sy vrou Maryna Procter, was daar hartkomplikasies tydens ’n roetine-operasie. Hy het glo sy bewussyn verloor en nie weer wakker geword nie. Sy familie het Maandag aangekondig dat hy in die hoësorgeenheid van ’n Durbanse hospitaal is.

Procter was bekend as ’n uitsonderlike snelbouler en net so ’n goeie kolwer. Hy het sewe toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel voordat sy internasionale krieketloopbaan deur globale teenkanting oor apartheid tot stilstand gebring is.

Na sy aftrede as speler was hy vanaf 1991 tot 1994 die Proteas se afrigter en ook ’n nasionale keurder. Hy is gereeld as sportkommentator op televisie en radio gehoor.

In 2014 het hy die Mike Procter Foundation begin om kinders by ’n nedersetting naby Durban se lewens deur krieket te verbeter.

Hy laat sy vrou en twee dogters agter.

Medelye het sedertdien op sosiale media ingestroom:

Bronne: Mike Procter Foundation, SuperSport, SABC, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief