LIMPOPO. – Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris in die provinsie, is bekommerd oor die aantal moorde wat in die provinsie gepleeg word en het ‘n ondersoek beveel.
Kol. Malesela Ledwaba sê aanhoudende rapportering van moordsake regdeur die provinsie het ‘n onmiddellike ondersoek teweeggebring.
Ledwaba sê in van die mees onlangse moordsake wat geregistreer is, is ‘n man (54) glo Saterdagoggend in Seshego deur sy seun (22), tydens ‘n beweerde argument met ‘n mes doodgesteek. Die verdagte het van die toneel gevlug.
Die ontbinde liggaam van ‘n bejaarde vrou (81) is Saterdag in ‘n plas bloed haar huis in Boshega-woonbuurt gevind. Sy is na bewering nog die vorige dag lewendig gesien.
‘n Man (44) is glo terwyl hy in die oggendure van ‘n kroeg onderweg was huis toe deur onbekende verdagtes in Tshino Mukondeleli-woonbuurt doodgesteek.
‘n Man (20) se lewelose liggaam, met ‘n steekwond in sy bors, is in die GaKgapane-woonbuurt langs die pad gevind.
” We cannot stand idly by as these heinous acts of violence continue to terrorize our communities. I have directed our best detectives and specialized units to prioritize these cases and use all available resources to bring the perpetrators to justice swiftly,” sê Hadebe.
Enigiemand wat die polisie met inligting in hul ondersoek kan help, word versoek om na hulle naaste polisiestasie te gaan.





