Twee dood en nog beseer toe minibustaxi in muur vasry

Lees ook :

Foto: CERT

GAUTENG. – Twee persone is Saterdagoggend omstreeks 06:24 oorlede toe ‘n minibustaxi waarin hulle gery het op die Brakfontein-pad naby Thatchfield in Centurion teen ‘n muur gebots het.

CERT (Community Emergence Response Team) sê daar is na die toneel gehaas waar persone nie net oorlede is nie, maar nog 14 persone matig tot ernstig beseer is. Die twee noodlottig beseerde persone is op die toneel dood verklaar.

CERT sê na bewering het die minibustaxi onverklaarbaar die pad byster geraak en teen die muur van ‘n sekuriteitskompleks gebots.

Gauteng Emergency Medical Services , Emer-G-Med (Pty) Ltd , Netcare911 , Tshwane Emergency Services Department , WierdaBurg Sektor 2, LenMed. Tshwane Metropolisie, SAPD, Precision Towing, First Help Towing, HALO Aviation en ander dienste wat betrokke was, is deur CERT vir ondersteuning op die toneel bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief