LIMPOPO. – ‘n Beweerde huisrower (31) wat ‘n bejaarde vrou wat 100 jaar oud is, glo op 8 Februarie vroegoggend in haar huis in Nebo met ‘n mes aangehou en van geld beroof het, het in die hof verskyn.
Volgens kol. Malesela Ledwaba het die verdagte na bewering by die huis van die bejaarde ingebreek voordat hy haar met ‘n mes gedreig en glo van ‘n onbekende bedrag geld beroof het. Die verdagte het daarna van die toneel gevlug, maar die bejaarde vrou kon hom identifiseer en hy is verlede Dinsdag in Jane Furse waar hy weggekruip het in hegtenis geneem.
” This reprehensible act against one of our community’s most vulnerable is utterly unacceptable. We condemn this cowardly crime in the strongest terms, and we trust that the case will be diligently investigated to ensure justice is done,” sê lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris van die provinsie.
Die verdagte het op Valentynsdag op ‘n klagte van huisroof in die Nebo-landdroshof verskyn.





