Lees ook: Israel stel Ramadan as sperdatum vir aanval op Rafah
DEN HAAG. – Die Internasionale Geregshof het die week ’n verhoor oor die wetlike implikasie van Israel se besetting van Palestina, met 52 lande wat getuienis sal lewer.
Palestina het gesê hulle moes apartheid en kolonialisme deurmaak sedert 1967 en die mense wat kwaad word oor die woordgebruik moet eerder kwaad wees oor die realiteit waaronder hulle ly.
Die Internasionale Geregshof is in Desember 2022 gevra om ’n menjng te gee oor die wetlike implikasies wat deur Israel se besetting veroorsaak word.
Hulle is gevra om te kyk na die gevolge van Israel se “diskriminerende wette” en wat die gevolge vir die VN en ander lande is.
Die hof sal waarskynlik teen die einde van die jaar ’n besluit in die saak neem.
Hierdie verhoor staan apart van Suid-Afrika se saak om Israel daarvan te weerhou om volksmoord in Gaza te pleeg.
Bronne: IOL, ECR, The Guardian
Lees ook: Israel stel Ramadan as sperdatum vir aanval op Rafah





