WES-KAAP. – ‘n Beloning van R20 000 vir die opspoor van Joslin Smith (7), wat sedert 19 Februarie vermis is, word aangebied.
‘n Verklaring oor die beloning is deur Saldanhabaai-munisipaliteit uitgereik. Anonieme skenkers het die bedrag beskikbaar gestel.
Enigiemand wat weet waar Joslin haar bevind, kan sers. Meyer Millstine van Vredenburg-GKS by 079 879 8588 bel. Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word. Missing Children SA kan ook by 072 647 7464 gebel word of die kantoor van die uitvoerende burgemeester van Saldanhabaai by 079 518 4615 of 022 701 6971.






