Vier Laureus-nominasies vir Suid-Afrika

Lees ook :

Vier Laureus-nominasies vir Suid-Afrika. Foto's: Pascale Neuschäfer en Gareth Fuller

SUID-AFRIKA. – Die Springbokke, Siya Kolisi, Kirsten Neuschäfer en Justice Desk Africa is vir die gesogte Laureus-toekennings genomineer. Die Springbokke se nominasie is vir span van die jaar terwyl Kolisi vir die beste terugkerende speler genomineer is. Die seiljagvaarder Kirsten Neuschäfer kom vir die wêreld-aksiesportpersoon van die jaar in aanmerking. Justice Desk Africa het ’n nominasie in die “Sport for good”-afdeling gekry.

Die Springbokke het die toekenning ook na hulle 2007- en 2019-oorwinnings ontvang. Kolisi se nominasie as beste terugkerende speler spruit uit sy uitmuntende spel en leiding tydens die Wêreldbekertoernooi in Frankryk nadat hy vroeër ’n gedeeltelike ligamentskeur aan sy knie opgedoen het.

Volgens Kolisi is dit ’n voorreg om as deel van die span, asook individueel, vir die toekennings genomineer te word.

Neuschäfer, die seiljagvaarder, het in 2023 die eerste vrou geword wat ’n solovaart, die Golden Globe-alleenvaart om die wêreld, gewen het. Sy het dit gedoen terwyl sy ’n medevaarder, Tapio Lehtinen, tydens die resies gehelp het toe sy boot gesink het.

Justice Desk Africa, ’n bemagtigingsprogram vir jongmense, is in die “Sport for good”-afdeling genomineer.

Die Laureus-toekennings is in 1999 ingestel om individue en spanne op ’n jaarlikse basis vir sportprestasies te eer.

Vanjaar se Laureus-toekenningsgeleentheid sal in April in Madrid, Spanje plaasvind.

Bronne: Laureus World Sports Awards, SA Rugby Mag, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief