Brekende Nuus
Afrikaans

‘Gesteelde’ voertuig van Oos-Kaap 14 jaar later in Mpumalanga gekry

'n Voertuig wat gedurende Desember 2010 in die Oos-Kaap as gesteel aangemeld is, is Saterdag in Mpumalanga teruggevind.

Foto: SAPD
Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Wit Toyota Corolla wat gedurende Desember 2010 in Komani (Queenstown) in die Oos-Kaap as gesteel aangemeld is, is Saterdag in Mpumalanga opgespoor.

Volgens kapt. Magonseni Nkosi is ‘n man (31) in hegtenis geneem en sal vandag in die Amsterdam-landdroshof verskyn.

Die verdagte is Saterdag by die Nerston-grenspos in hegtenis geneem terwyl inspeksie op die voertuig gedoen en gevind is die VIN-nommer op die voertuig en lisensie verskil van mekaar.

Ondersoek het aangedui die voertuig was as gesteel aangemeld en die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem. Nkosi sê daar bestaan ‘n moontlikheid dat meer klagtes wat diefstal van ‘n motorvoertuig insluit, teen die verdagte bygevoeg kan word.