Lees ook: Lugmagsoldaat steek homself aan die brand buite Israeliese ambassade
WASHINGTON, VSA. – Die lugmagsoldaat wat hom Sondag buite die Israeliese ambassade in Washington aan die brand gesteek het, is oorlede.
Aaron Bushnell (25) het hom aan die brand gesteek buite die ambassade na hy gesê het hy “gaan hom nie meer aandadig aan volksmoord maak nie”. Hy het geskree: “Bevry Palestina!” terwyl hy gebrand het.
Hy is na ‘n hospitaal geneem na die geheime diens die brand geblus het. Bushnell het glo vooraf aan verskeie verslaggewers ’n e-pos gestuur om te sê hy gaan “protesteer teen die volksmoord op die Palestynse mense” en hy het gesê dit gaan “hoogs ontstellend wees”.
Bronne: BBC, The Daily Star, Inquirer
Lees ook: Lugmagsoldaat steek homself aan die brand buite Israeliese ambassade





