Lees ook: Israel oorweeg skietstilstand
WASHINGTON, VSA. – ’n Lugmagsoldaat het hom gister aan die brand gesteek voor die Israeliese ambassade in Washington.
Agente van die geheime diens het die brand geblus voor die man met kritieke beserings na ’n hospitaal geneem is. ’n Woordvoerder van die lugmag het gesê die man is op aktiewe diens.
Die man het glo geskree “Bevry Palestina” terwyl hy besig was om te brand. Die geheime diens, die polisie en ander owerhede is besig om die voorval te ondersoek.
Die Israeliese ambassade het gesê hulle ken nie die man nie.
Bronne: BBC, Independent, The Guardian
Lees ook: Israel oorweeg skietstilstand





