Lees ook: NWU-student aangekla van haatspraak, AfriForum Jeug eis onttrekking van alle aanklagtes
GHANA. – Die Ghanese regering het gister ’n anti-LGBTQ wetsontwerp aanvaar wat die regte van die LGBTQ-gemeenskap en diegene wat dit bevorder, aantas.
Gay- seksuele aktiwiteite is reeds strafbaar met tot drie jaar tronkstraf. Die wetsontwerp stel voor mense wat die LGBTQ-leefstyl bevorder, borg of ondersteun moet tot vyf jaar tronkstraf opgelê word.
Verskeie mense het die wetsontwerp gekritiseer. Die wetsontwerp sal aan die president, Nana Akufo-Addo, voorgelê word wat sewe dae sal hê om dit te teken of af te keur.
‘n Koalisie van Christene, Moslems en Ghana se tradisionele leiers ondersteun die wetsontwerp.
Bronne: DW – South Africa, IOL, SABC
Lees ook: LGBT-gemeenskap word aangeval in Uganda





