Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Volgens ‘n plaaslike regshulporganisasie is minstens nege mense aangekla van homoseksualiteit in Uganda sedert die goedkeuring van die anti-LGBT-wet.
Homoseksuele persone kan die doodstraf ontvang of ‘n lewenslange tronkstrafvonnis vir die deelname aan homoseksuele aktiwiteite opgelê word. Mense word ook gedreig met vyf jaar tronkstraf as hulle nie LGBT-mense by die owerhede aanmeld nie.
In ‘n verslag van Junie het die Human Rights Awareness and Promotion Forum gesê die wet het toenemende aanvalle teen LGBT-mense veroorsaak.
Hulle het ook bevind dat LGBT-georiënteerde persone aangerand word, ontvoer word en uit hulle huise gesit word.
‘n Sivieleregtegroep het gesê die hoeveelheid aanvalle op gays is omtrent 10 – 300 elke dag die afgelope maand.
Die aanvalle word gedokumenteer om ‘n petisie te ondersteun om die wet omgekeer te kry deur te bewys dit is teen die land se grondwet. Dit kan egter nog maande, selfs jare, duur voordat wetgewing verander of geskrap word.
Bronne: Daily Maverick, VN Explorer, Open Democracy
Lees ook: Polisie ondersoek moorde op Vuwani





