Lees ook: Lotto uitslae vir 28 Februarie 2024
Die brandstofprys sal na verwagting volgende week styg. Volgens die nuutste data van die Sentrale Energiefonds kan 95- loodvrye petrol met R1.35 per liter styg.
Die prys van 93- loodvrye petrol kan met R1.31 per liter styg, terwyl diesel tussen R1.43 en R1.59 per liter meer kan kos. Paraffien se prys kan na verwagting met 96 sent per liter toeneem.
Ekonome het gewaarsku ’n styging in die brandstofprys kan inflasie beïnvloed, wat ’n negatiewe impak op landsburgers sal hê.
Die petrolprys sal volgende week amptelik aangepas en aangekondig word.
Bronne: IOL, TimesLIVE, BusinessTech
Lees ook: Lotto uitslae vir 28 Februarie 2024





