Mangaung-munisipaliteit veroordeel ‘onwettige grondgrype’ buite Bloemfontein

Lees ook :

Foto; Verskaf

Lees ook hier.

VRYSTAAT. – Mangaung- metromunisipaliteit veroordeel die onwettige grondgrype wat sedert vanoggend buite Bloemfontein in Lourier-park plaasvind.

Qondile Khedama, woordvoerder vir Mangaung Metro-munisipaliteit, sê in ‘n verklaring die oprig van die onwettige strukture het reeds gisternag begin.

Volgens Khedama is alle rolspelers betrokke om te assesseer en in te tree. ‘n Saak is deur die munisipaliteit en die menslike-nedersettingdirektoraat geregistreer.

“Terwyl die munisipaliteit ‘n konsitusionele mandaat het om seker te maak, waar vereis en met beskikbare hulpbronne, alle landsburgers basiese regte kan geniet en gemagtigde toegang tot grond en behuising verkry, het dit ook ‘n plig om op te tree waar grondgrype plaasvind.”

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief