Video’s en foto’s in berig.
VRYSTAAT. – Nuusflits het verskeie foto’s en video’s ontvang van ‘n groot groep mense wat buite Bloemfontein aan die casino se kant soos jy die dorp binnery besig is om ‘n “plakkerskamp” op te rig.
David McKay, die raadslid vir Wyk 18, het ‘n video-boodskap vanaf Loerierpark gemaak en sê dit is grondgrype (land invasion) wat tans plaasvind. Hy sê hy het gister wetstoepassingsowerhede oor wat tans gebeur gewaarsku en sê hulle was bewus dit sou vandag plaasvind. Wetstoepassingsowerhede was op bystand en is tans op die toneel waar die polisie ook teenwoordig is.
“Die situasie word beheer, moet asseblief nie paniekbevange raak nie.”
McKay sê alles is steeds onder beheer en kalm en dat diegene wat besig is om strukture op te rig, ingelig word dat dit onwettig is en verwyder gaan word.
Die gemeenskap word vir hulle eie veiligheid versoek om nie daarheen te gaan nie.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.






