LIMPOPO. – Andile Brian Khubeka (33) is Vrydagaand omstreeks 22:20 in ‘n voertuig by die R25 Phooko-woonbuurt doodgeskiet.
Volgens Malesela Ledwaba is Dennilton-polisielede na ‘n skietvoorval waar ‘n wit Suzuki met oop deure gestaan het. Die oorledene het met verskeie skietwonde nog binne-in die voertuig gesit. ‘n Insittende is in sy onderlyf beseer en nog een was ongedeerd. Die beseerdes is na ‘n hospitaal geneem.
Ledwaba sê twee gewapende verdagtes het die drie mans wat in die voertuig gesit het, genader en lukraak op hulle geskiet.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en twee van poging tot moord. Alhoewel die motief vir die skietery tans onbekend is, sê Ledwaba taxi-verwante geweld kan nie uitgeskakel word nie.
Enigiemand met inligting oor die misdaad kan speur.sers. Richmond Mushwana op 076 972 1016 bel.





