Drie liggame in verbrande fabriek gevind

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Drie liggame is Saterdag in ‘n gebrande gebou in Eaglestraat in Missionlands ontdek.

Reaction Unit South Africa sê hulp is deur familie en vriende van die mans gevra na hulle nie van hulle werk huis toe gekeer het nie en hulle ook nie by die werksplek was nie. Die familie en vriende het glo deur ‘n venster geloer en wat wat lyk na beendere-oorblyfsels, gesien.

Beamptes en paramedici het met aankoms een liggaam bevestig, waarna Ethekwini-brandweer kort daarna nog twee liggame gevind het. Nog een persoon is vermis.

Volgens familie van die oorledenes het nege Malawiërs nagskofte in ‘n meubelfabriek gewerk. Oorlewendes het aan Reaction Unit South Afrika vertel ‘n brand het glo omstreeks 23:30 die vorige nag uitgebreek en die eienaar van die fabriek het na bewering die in- en uitgange van die gebou gesluit sodat die werkers nie kon uit nie. Dit is egter nie bevestig nie. Die vyf oorlewendes het van ‘n venster op die boonste vlak van die gebou na veiligheid gespring en het slegs geringe beserings opgedoen.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê na bewering het die brand net na middernag op die sakeperseel uitgebreek wat die hele gebou vernietig het. Gwala sê vier werknemers op die perseel kon nie gevind word nie. Die polisie met hulle soek-en-reddingseenheid asook ander rolspelers het bevind die gebou is nie veilig om binne te gaan en na die moontlike slagoffers te soek nie. Die families is dienooreenkomstig ingelig.

Gwala sê ‘n geregtelike doodsondersoek is by Verulam-polisiestasie geregistreer en die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief