Besoekende stapper sterf nadat hy van krans val

Lees ook :

Foto's: Mountain Club of SA - Search And Rescue, Johan Wiid, Werner Badenhorst and David Nel

WES-KAAP. – ‘n Besoekende stapper (41) het gesterf nadat hy laat Vrydagmiddag op pad terug op die Tweede Waterval-staproete in Jonkershoek-natuurreservaat gegly en ongeveer 40 m ver na benede geval het.

Volgens die WSAR het ‘n groep stappers wat verby die toneel geloop het, hulp ontbied. Toegewyde en professionele vrywilligers het dadelik reageer.

WSAR-spanne van Kaapstad en Stellenbosch, asook Western Cape Department of Health & Wellness nooddienste, CapeNature veldwagters en die Stellenbosch Fire & rescue beamptes het teen die roete op beweeg om by die beseerde stapper uit te kom. Hy was egter reeds oorlede toe die noodwerkers by hom kom.

Sy liggaam is op ‘n draagbaar die 5 km gedra en omstreeks 02:30 aan die SAPD oorhandig.

Natuurliefhebers word aangespoor om 021 937 0300 te memoriseer of op ‘n selfoon te bêre en tydens ‘n staptog by hulle te hou.

https://www.backabuddy.co.za/sos-for-life-saving-equipment

Fotokrediet aan Mountain Club of SA – Search And Rescue, Johan Wiid, Werner Badenhorst en David Nel

Bronne: Wilderniss Search and Rescue, Fotokrediet aan Mountain Club of SA – Search And Rescue, Johan Wiid, Werner Badenhorst en David Nel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief