Het die Crocs-neiging jou al gevang? Crocs is sedert 2002 op die mark nadat die skeppers daarvan ontdek het die skuim “Croslite” kan in ’n gemaklike skoen omskep word.
Die naam is afkomstig van krokodille omdat hulle beide op land en in water kan beweeg. En Crocs ideaal vir land-en wateroppervlaktes is.
Daar is altesaam dertien gaatjies op die standaard-Crocs wat as ventilasiegate dien. Oortollige vog word ook deur die gate uitgelaat.
Alhoewel die ware Jakob in goedgekeurde fabrieke vervaardig word, wys die volgende video hoe namaaksels van die gewilde skoene (Crocks) vinnig-vinnig informeel vervaardig word.
This is how they make crocks pic.twitter.com/aNE2hJpMIQ
— Alleged.com (@Yolokazi_chagi) March 3, 2024
Bronne: Twitter, Footwear News, FootArt





