MPUMALANGA. – ‘n Vrouedokter (31) verskyn na verwagting vandag in die Middelburg-landdroshof nadat sy glo Vrydag omstreeks 16:45 met medikasie en mediese toerustig in haar voertuig se kattebak betrap is.
Kapt. Magonseni Nkosi sê die dokter het die naweek in aanhouding deurgebring. Die medikasie en toerusting van sowat R50 000 is tydens ‘n deursoeking deur ‘n sekuriteitsbeampte in haar voertuig se kattebak gevind toe sy glo die perseel verlaat. Sy kon glo nie verduidelik waarom staatseiendom in haar voertuig is nie. Nkosi sê die polisie is ontbied en sy is in hegtenis geneem.
“The security officer performed duties without fear or favour,” sê lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale kommissaris in die provinsie.





