Kyk: Onnie in Wes-Kaap se video van nuwe klaskamer inspireer

Lees ook :

Juffrou Eramus hard aan die werk. Skermgrepe: TikTok

WES-KAAP, SUID-AFRIKA. – ’n Onderwyseres in die Wes-Kaap het verlede week ’n video op haar TikTok-bladsy geplaas waarin sy wys hoe sy self haar klaskamer oorgedoen het. Miss Erasmus deel gereeld snaakse oomblikke wat in haar biologie-hoërskoolklas gebeur.

In die video kan gesien word hoe sy self haar mure verf en naaimasjien uithaal om gordyne te maak. Saam met nuwe plakkate en matte, het sy haar klaskamer ook beter georganiseer.

Die veranderinge neem ’n paar dae, want in verskillende dele van die video het sy verskillende uitrustings aan.

Aanhangers het positiewe kommentaar gelewer en haar geprys vir haar harde en kreatiewe werk. “So pragtig om ’n onderwyser te sien wat soveel trots in haar klaskamer het. Dit moet ’n refleksie wees van die wonderlike onderwyser wat jy is,” het een sosialemediagebruiker opgemerk.

Juffrou Erasmus het vroeër video’s gedeel waarin sy wys hoe sy balans tussen haar doktorsgraadstudies en skoolhou vind.

Bronne: Good things guy, TikTok

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief