Bejaarde vermoor in huis gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Berjaarde man (80) is gisteroggend omstreeks 09:45 dood in sy huis in Parys gevind, waar hy met vasgebinde hande en voete in die kombuis gelê het.

Volgens kapt. Loraine Earle het die bejaarde glo nie by die kerk opgedaag nie en ‘n vrou van die kerk is na sy huis toe om ondersoek in te stel. Sy is deur die oop agterdeur die huis in, waar sy die oorledene se liggaam in die kombuis ontdek en die polisie in kennis gestel het.

Die oorledene het alleen gebly. Daar was geen geforseerde toegang tot die huis nie.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan AO Jaco Venter by 082 554 3041 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief