WES-KAAP. – Enzokuhle Mtshobeni (3) het gister buite sy huis in 8ste Laan in Kayamandi waar hy gespeel het vermis geraak. Die Stellenbosch-GKS vra die hulp van die gemeenskap om hom om te spoor.
Sers. Wesley Twigg sê die kleuer het tussen 15:00 en 19:00 buite sy huis gespeel en toe hy later gesoek word, was hy skoonveld.
Die kleuter was in ‘n blou langmouhemp, cargobroek en blou Batman-sandale geklee.
Enigiemand wat weet waar die kleuter hom bevind, kan speur.konst. Qonde Nonkonyana by 082 469 1479 bel.





