KRUGERSDORP, GAUTENG. – ’n Video doen die rondte op sosiale media van ’n man wat na bewering by ’n vulstasie in Krugersdorp gekaap word. Die datum van die beweerde kaping is nie aangedui nie.
Yusuf Abramjee het beeldmateriaal van die voorval op sy Twitter-blad gedeel. Daarin kan gesien word hoe die slagoffer die kapers opmerk wat in ’n voertuig agter hom geparkeer is, maar tog in sy motor klim.
Kort nadat hy in sy motor is, storm die gewapende kapers na homtoe en probeer sy deur sonder sukses oopruk. Na ’n paar sekondes slaag hulle daarin, waarna die slagoffer oorgee.
Geen verdere besonderhede is nog oor die voorval bekend nie. Nuusflits het navrae aan die Krugersdorp-SAPD gestuur.
Hijacking: Krugersdorp.#CrimeWatch pic.twitter.com/nf8clPrfYD
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) March 5, 2024
Bron: Yusuf Abramjee Twitter-blad





