Drie sterf in KZN-busongeluk

Lees ook :

Drie sterf in KZN-busongeluk. Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa

ELYSIUM, KZN. – Drie persone is dood in ’n busongeluk Maandagaand op die N2 naby Elysium.

Volgens nooddienste het hulle ’n omgekeerde bus op die ongelukstoneel aangetref nadat die busbestuurder na bewering beheer oor die bus verloor het.

Een persoon het kritieke beserings opgedoen en ’n verdere 23 passasiers is gering tot ernstig beseer. Drie persone is op die toneel dood verklaar.

Die ondersoek wat meer duidelikheid oor die oorsaak van die ongeluk kan verskaf, duur voort.

Bronne: Arrive Alive, SABC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief