Brekende Nuus
Afrikaans

Meer as 1 000 gevalle van pienkoog in KwaZulu-Natal aangemeld

Die meeste van die gevalle is in die eThekwini-distrik aangemeld.

Meer as 1 000 pienkooggevalle in KwaZulu-Natal aangemeld

fotokrediet: Canva
Meer as 1 000 pienkooggevalle in KwaZulu-Natal aangemeld fotokrediet: Canva

Lees ook: Pienkooggevalle sal na verwagting styg

KWAZULU-NATAL. – Meer as 1 000 pienkooggevalle is in KwaZulu-Natal aangemeld. Pienkoog of konjunktivitis is ‘n aansteeklike ontsteking van die ooglid en oogbol.

Die gevalle het tussen 29 Februarie en 3 Maart van 161 tot 1 044 gestyg. Die meeste van die gevalle is in die eThekwini-distrik aangemeld.

Die provinsiale gesondheids-LUR het gesê 1 040 gevalle is in eThekwini aangemeld en vier in die Ugu-distrik.

Mense word herinner om goeie higiëne toe te pas en hospitaal toe te gaan as hulle simptome ervaar.

Bronne: IOL, TimesLIVE, Oddbits

Lees ook: Pienkooggevalle sal na verwagting styg