KWAZULU-NATAL. – Die Sydenham-polisie het Maandag dertien munisipale werkers wat na bewering met ‘n protesaksie besig was vir die oortreding van ‘n hofbevel, skade aan infrastruktuur en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem.
Lt.kol. Nqobile Gwala sê die inhegtenisnemings volg nadat munisipale werkers glo bymekaargekom het om by die munisipale kantore in Electonstraat te protesteer. Hulle het na bewering sand op die grondoppervlak gegooi en bome aan die brand gesteek. Ander werknemers is uit die kantore gedwing en ‘n hek is beskadig.
Die verdagtes, tussen die ouderdom van 36 en 59 jaar, sal vandag in die Durban-landdroshof verskyn.





