KZN-LUR herinner mense om higiëne toe te pas tydens pienkooguitbraak

Lees ook :

KZN-LUR herinner mense om higiëne toe te pas tydens pienkooguitbraak
KZN-LUR herinner mense om higiëne toe te pas tydens pienkooguitbraak fotokrediet: Canva

Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van pienkoog in KwaZulu-Natal aangemeld

KWAZULU-NATAL. – KZN se LUR vir gesondheid het mense weer herinner om goeie higiëne toe te pas om ’n pienkooginfeksie te vermy.

Daar is tans ’n uitbraak van pienkooginfeksies in die provinsie met meer as 1 000 gevalle aangemeld in vier dae. Die aantal gevalle sal waarskynlik nog die maand styg.

Die aantal gevalle het tussen 29 Februarie en 3 Maart van 161 tot 1 044 gestyg met die meeste van die gevalle wat in die eThekwini-distrik aangemeld is.

LUR Nomagugu Simelane het gesê mense moet onthou om hulle hande te was, kontak met hulle oë te vermy en moenie waslappe, grimering of kussings met ander individue deel nie.

Sy het ook gesê mense met simptome moet hospitaal toe gaan vir behandeling.

Bronne: The Citizen, IOL, SABC

Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van pienkoog in KwaZulu-Natal aangemeld

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief