WELKOM, VRYSTAAT. – Die Welkom-polisie is op soek na ’n motoris wat na bewering Saterdag 2 Maart 2024 by ’n tref-en-trap-ongeluk betrokke was waarin ’n seun (14) omgekom het.
Volgens die SAPD het die voertuig die seun langs Hani-park in die Welkom-Virginia-pad getref. Inligting dui daarop dat die bestuurder glo nie na die ongeluk gestop het nie. Hy het in die rigting van Virginia gery.
Nooddienste het die seun op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder ry na bewering in ’n silwer Mazda 3 SUV. ’n Saak van strafbare manslag is geopen.
Enigiemand met inligting kan kapt. Steyn by Bronville-polisiestasie by 082 465 2779 kontak.
Bronne: Goldfields Crime and Traffic Updates, SAPD





