Gesoekte ‘dubbelmoordenaar’ deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (30) wat as verdagte vir ‘n dubbelmoord en roof in Melmoth gesoek was, is gisteroggend vroeg tydens ‘n oor-en-weer-skietery in ‘n informele nedersetting in Cato Crest deur polisielede doodgeskiet.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê ‘n stabiliseringspan het inligting van die gesoekte persoon opgevolg om ‘n lasbrief vir inhegtenisneming uit te voer. Na bewering het die verdagte ‘n vuurwapen uitgepluk en op hulle geskiet toe polisielede hom nader. Hy is noodlottig deur polisielede gewond. ‘n Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is glo in sy besit gevind.

Na bewering het die verdagte op 19 November ‘n huis in Hawayi in Melmoth betree en Nomvula Zulu (33) en Noluthando (20) geskiet voordat hy met ‘n selfoon gevlug het. Zulu is op die toneel dood verklaar en Noluthando het in die hospitaal gesterf.

Die verdagte was voortvlugtend.

Opod ondersoek die skietvoorval.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief