Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van pienkoog in KwaZulu-Natal aangemeld
KWAZULU-NATAL. – KZN se LUR vir gesondheid het mense weer herinner om goeie higiëne toe te pas om ’n pienkooginfeksie te vermy.
Daar is tans ’n uitbraak van pienkooginfeksies in die provinsie met meer as 1 000 gevalle aangemeld in vier dae. Die aantal gevalle sal waarskynlik nog die maand styg.
Die aantal gevalle het tussen 29 Februarie en 3 Maart van 161 tot 1 044 gestyg met die meeste van die gevalle wat in die eThekwini-distrik aangemeld is.
LUR Nomagugu Simelane het gesê mense moet onthou om hulle hande te was, kontak met hulle oë te vermy en moenie waslappe, grimering of kussings met ander individue deel nie.
Sy het ook gesê mense met simptome moet hospitaal toe gaan vir behandeling.
Bronne: The Citizen, IOL, SABC
Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van pienkoog in KwaZulu-Natal aangemeld





