Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me

Lees ook :

Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me
Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me fotokrediet: Canva

Lees ook: Vodacom gaan ‘baklei’ teen beslissing in Please Call Me-saak

Nkosana Makate wat daarop aanspraak maak dat hy die idee vir Please Call Me uitgedink, het ingestem om weer met Vodacom te onderhandel om die Please Call Me-sage finaal op te los.

Kenneth Nkosana Makate voer aan hy het in 2000 die idee vir Please Call Me uitgedink en is nooit daarvoor betaal nie. Na jare se hofsake is Vodacom deur die hoogste hof van appèl beveel om Makate 5% tot 7.5% van die inkomste wat Please Call Me vir 18 jaar ingebring het met rente te betaal .

Vodacom is na die konstisionele hof om die besluit teen te staan en het gesê die bedrag wat hulle aangesê is om te moet betaal, is onredelik. Hulle het ook volgens ITWeb nie finansieel voorbereid om soveel te betaal nie.

Vodacom het Makate genooi om weer oor die vergoeding te onderhandel sodat die saak buite die hof geskik kan word.

Makate se prokureurs het aan MyBroadband gesê hulle gaan nie nou bedrae bespreek nie en wil eers sien hoe gaan die onderhandelinge.

Bronne: MyBroadband, ITWeb, IOL

Lees ook: Vodacom gaan ‘baklei’ teen beslissing in Please Call Me-saak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief