Lees ook: Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me
Verskeie Meta-platforms was gistermiddag skielik af met mense wat uit Facebook en instagram geskop is en ander wat nie inhoud kon laai nie.
Die hoof van Meta se kommunikasie, Andy Stone, het op X gesê: “’n Tegniese probleem het veroorsaak dat sommige mense gesukkel het om van ons dienste te gebruik. Ons het die probleem so gou as moontlik opgelos en ons vra om verskoning vir die ongerief”. Stone het nie gesê wat die tegniese probleem behels het nie.
Verskeie gebruikers was bekommerd dat die platforms af was weens ‘n kuberaanval.
Bronne: IOL, Unilad, The Hill
Lees ook: Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me





