Twee ‘moordverdagtes’ deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Twee verdagtes in moordsake is gistermiddag doodgeskiet nadat hulle glo op die polisie op Melmoth losgebrand het.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê die polisie het Saterdagoggend omstreeks 06:00 klagtes oor moorde ontvang. Drie gewapende mans het na bewering ‘n huis op Ulundi binnegegaan en lukraak op ‘n familie geskiet. Vier familielede is op die toneel dood, met ‘n vyfde een wat onderweg na ‘n hospitaal oorlede is. Die oorledenes is as Mandlenkosi Mayise (66), Delisile Mayise (63), Phemile Mayise (36), Bongathini Mayise (34) en Phindile Mayise (29) geïdentifiseer.

Die sake is deur die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid ondersoek. Dinsdagmiddag het polisielede van die nasionale intervensie-eenheid ‘n wenk ontvang oor huurmoordenaars wat vermoedelik by die Ulundi-moorde betrokke was.

Toe die polisie die huis op Melmoth nader, het twee gewapende mans uitgekom en lukraak op hulle geskiet. Twee verdagtes, vermoedelik in hulle 30’s, is noodlottig in die oor-en-weer-skietery gewond.

‘n Rewolwer en geweer, asook ammunisie, is by die oorlede verdagtes gekry. Binne die huis is op vier selfone en haelgeweer-ammunisie afgekom en met verdere ondersoek ook op ‘n haelgeweer, selfgemaakte vuurwapen, pistool en gedeeltes van ‘n rewolwer. Die gekonfiskeerde wapens sal ballistiese toetse ondergaan.

Die skietvoorval is vir ondersoek by Opod aangemeld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief