Lees ook: SA gaan weer na internasionale geregshof oor Israel
GAZA. – Die gesondheidsministerie in Gaza het vanoggend gesê die dodetal in Gaza staan nou op minstens 30 878. Volgens die ministerie is 78 mense in die laaste 24 uur dood.
Altesaam 72 402 mense is gewond sedert die oorlog op 7 Oktober begin het.
Israel is gekritiseer vir die dood van 115 Palestynse burgers wat gewag het vir hulp. Hulle het gesê hulle het geskiet op die mense wat ’n “bedreiging” was, maar die meeste van hulle is dood in die skare of raakgery.
Hamas se gesondheidsministerie het gesê hulle is aan skietwonde dood.
Bronne: Barron’s, US News, The Telegraph
Lees ook: SA gaan weer na internasionale geregshof oor Israel




